Hierdie resep vra om in Afrikaans geskryf te word. My suster Heleen(sy is die bakster in die gesin) het nou die dag weer my ma se ou konfyttertjie resep nader geruk en vir my gestuur en nou bak ons weer almal konfytertjies-en eet dit natuurlik ook tot dit op is. Enige konfyt is lekker maar ek verkies appelkooskonfyt.
Kry bymekaar:
4 | K Bruismeel |
250 | g Botter |
1 | K Suiker |
2 | Eiers |
3 | t Vanilla |
Knippie sout
Metode: |
|
1. | Room botter en suiker. |
2. | Voeg goedgeklitste eier en vanilla by. Vou bruismeel en sout in eiermengsel en knie tot sagte deeg. |
3. | Druk twee derdes van die deeg in oondpan, smeer appelkooskonfyt bo oor en rasper res van die deeg oor. |
4. | Bak 20 minute by 180grade tot ligbruin. Sny in blokkies. |
5. | Bere in lugdigte houer.(As daar oorbly om te bere…..) |
Foto: Tara
This looks beautiful… I wish I could translate the recipe, though! 🙂 It is your mother’s apricot cookie recipe? MMMM. Best – Shanna
LikeLike
Yes indeed it is! I did it in my home language in Afrikaans to remind me of my mother.
LikeLike
That is lovely. Do you have any blog post about the history of your family? One of my very favorite movies is set in S. Africa in the 1940’s. I have quite a few friends from there. The history and beauty of your country is rich and full. My best to you for a wonderful New Year. – Shanna
LikeLike
Ai hoe verlang ek nou na mamma
LikeLike